
25 May Wat Is Die Verskil Tussen ’N Konsolidasie Lening En Skuldberading?
Met die huidige rentekoerse en al die paaiemente wat jy per maand op jou skuld moet afbetaal is dit elke dag ’n gesukkel om kop bo water te hou. Soms voel dit dat ongeag wat jy doen, jy kom net nie voor nie.
As jy net ’n konsolidasie lening kan kry. Een groot bedrag leen en al daardie klein skuld bedraggies aflos, dan gaan jy mos ’n bietjie kan asemhaal? Dit is wat baie mense dink, maar ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie.
Wat is ’n konsolidasie lening?
’n Konsolidasie lening is ’n groterige lening wat jy maak om sodoende ander skuld af te betaal en dan betaal jy in plaas van ’n klomp krediteure net die konsolidasie lening terug per maand.
In teorie klink ’n konsolidasie lening perfek, maar die probleem is om te kan kwalifiseer vir ’n konsolidasie lening. Dit is nie so maklik nie.
Kom ons veronderstel dat jou kredietprofiel is mooi skoon, geen agterstallige of laat betalings nie. Kom ons sê dat jy verdien ’n goeie salaris en kan ’n groot lening bekostig. Kom ons vat dit ’n stappie verder. Jy het ’n eiendom waarop jy kan leen.
Jy leen ’n bedrag van R250 000 teen 9% rente en verleng jou verband sodat jy jou verband en hierdie konsolidasie lening in twintig jaarafbetaal. Net jou rente op daardie R250 000 oor ’n periode van 20 jaar is R450 000 in totaal. Bygesê as die rentekoers vir die volgende 20 jaar op 9% rente gaan bly. Dit beteken dat jy ’n bedrag van R700 000 gaan terugbetaal op daardie R250 000 wat jy aanvanklik geleen het.
Was daardie konsolidasie lening regtig so ’n goeie idee gewees?
Wat as jy nie ’n eiendom het waarop jy kan leen nie? Wat as jou kredietprofiel nie so mooi skoon lyk nie? Wat as jy nie nog skuld kan bekostig nie?
In daardie geval gaan jy ook nie kwalifiseer vir ’n groot konsolidasie lening nie.
Wat is skuldberading?
Skuldberading, of skuldhersiening soos wat dit ook bekend staan is ’n formele regsproses wat deur die Nasionale Kredietreguleerder ingestel is om Suid-Afrikaners wat sukkel met te veel skuld te help. Hoe ’n skuldberader jou kan help is deur om al jou huidige skuld paaiemente te konsolideer na ’n bekostigbare paaiement. Met ander woorde jy betaal slegs een bedrag per maand vir al jou skuld. Verder onderhandel ’n skuldberader met jou krediteure vir ’n verlaagde rentekoers om jou sodoende vinniger uit die skuld uit te kry.
Skuldberading beskerm ook jou bates.Dit beteken dat sodra jy aansoek gedoen het vir skuldberading mag daardie wolwe wat dreig om jou motor terug te neem jou nie meer knaend kontak nie.
Vir jou beskerming word die hele proses gereguleer deur die Nasionale Kredietreguleerder.
Indien jy jouself finansieel in die knyp bevind kontak gerus vir Hulp met Skuld.
Sorry, the comment form is closed at this time.