ONS SAL JOU KONTAK!

    Die Donkerkant Van Skuldberading

    Is jy finansieel in die knyp? Met die stygende kos pryse en brandstof en alles wat net onbekostigbaar word begin jy wonder of skuldberading nie dalk ’n uitweg is nie.

    Dan onthou jy van iemand wat vir jou vertel het van iemand wat hulle ken wat al vir twintig jaar onder skuldberading is en net nie daar uitkom nie. Jy wil nie jou huis of jy motor verloor nie, maar sjoe twintig jaar is darem lank.

    Kom ek stop sommer net hier die twintig jaar leuen wat ek tot vervelings toe hoor.

    Alhoewel die kredietwet in 2005 geskryf was, het skuldberading eers in 2007 begin.

    Dit beteken dat daar nie een persoon in hierdie land kan wees wat al vir twintig jaar onder skuldberading is nie aangesien skuldberading eers in 2027 twintig jaar gaan oud wees.

    Wat is dan die storie? Hoekom sê mense dan dat hulle kom nie uit die skuld uit nie?

    Twee redes.

    Rede een, hulle hou op om te betaal.

    Krediteure vra rente. En rente is soos konyntjies. Dit vermenigvuldig en vermenigvuldig en voor jy jou oë kan uitvee skuld jy skielik R20 000 op die R10 000 wat jy oorspronklik geleen het.

    Is dit wettig? Ongelukkig ja.

    Rede twee, die bedrag wat hulle maandeliks betaal is te min.

    Daar is skuldberaders en ongelukkig is daar ook die agent wat werk vir ’n inbelsentrum. Die skuldberader sê vir jou dat jy byvoorbeeld R2000 per maand gaan moet betaal om uit die skuld uit te kom. Die agent by die inbelsentrum voel soms vere vir die kliënt en is net gepla oor die kommissie wat hulle moet verdien, dus vertel hulle vir jou jy kan net R1200 betaal vir jou skuld. En waar teken jy op? By die persoon wat vir jou die kleiner bedrag geoffer het.

    Wat die agent “vergeet” het om vir jou te sê of tien teen een nie eers weet nie is dat die bedrag van R1200 per maand nie genoeg is om die rente van jou skuld te dek nie.

    Ter verduideliking, kom ek maak gou vir jou ’n sommetjie. Gestel die rente wat jy op daardie R2000 skuld moet betaal is R1300 per maand. Die kliënt wat by die inbelsentrum agent opgeteken het se uitstaande skuld gaan na ’n jaar baie meer wees as wat hulle geskuld het voordat hulle aansoek gedoen het vir skuldberading. Die kliënt wat opgeteken het vir die R2000 per maand betaal sy rente, maar betaal ook R700 per maand af aan sy skuld se balans.

    En dit is hoekom die R1200 kliënt sê dat skuldberading is sommer nonsens en die R2000 kliënt dat skuldberading gehelp het.

    Is skuldberading die antwoord vir almal? Ongelukkig nie. Almal se situasies verskil.

    Hulp met Skuld offer ’n gratisskuld assessering. Kontak ons gerus om te sien of skuldberading vir jou gaan kan help.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.