ONS SAL JOU KONTAK!

    Hoe Lank Gaan Ek Onder Skuldberading Wees?

    Jy het die besluit gemaak. Skuldberading is die tou wat jy gaan benodig om jou uit hierdie skuldput te help. Somme was gemaak en jy weet hoeveel jy per maand gaan moet betaal. Maar daar is nog net een vragie wat jy wil vra voordat jy jou handtekening op daardie vorm 16 maak.

    Wat is my skuldberading termyn? Hoe lank gaan ek onder skuldberading wees?

    Jou skuldberader se voorkop kreukel. Begin hap na antwoorde. Skielik wonder jy of jy die regte besluit gemaak het. Jy het mos die reg om te weet hoe lank jy gaan betaal. Hoekom antwoord hulle net nie jou vraag nie? Dit is mos nie so ’n moeilike vraag nie.

    En dit is presies waar jy verkeerd is. Dit is ’n onmoontlike vraag om te beantwoord.

    Geen skuldberader kan vir jou ’n termyn gee wanneer jy opteken vir skuldberading nie. Die standaard antwoord in die skuldberading industrie is gewoonlik dat meeste kliënte betaal hulle skuld tussen 12 en 60 maande klaar. Dit beteken nie dat wanneer jy opteken vir skuldberading gaan jou termyn 12 of 60 maande wees nie. Dalk is dit minder. Dalk is dit meer.

    Kom ek verduidelik vir jou hoekom.

    Wanneer jy opteken vir skuldberading trek meeste skuldberaders jou kredietverslag. Vanaf daardie verslag kan ons ’n sommetjie maak en vir jou ’n bedrag gee wat vir jou krediteure betaal moet word.

    Ongelukkig is die bedrae op die kredietburo’s nie altyd 100% akkuraat nie. Dit is hoekom ons aanvra vir state vanaf elke een van jou krediteure.

    So julle het die state gekry, julle weet hoeveel ek skuld, nou kan julle mos vir my ’n termyn gee.

    Nog nie.

    Sodra ons die state vanaf jou krediteure gekry het herstruktureer ons jou skuld en offer verminderde rentekoerse vir jou krediteure. Nou begin die onderhandeling.

    Wat meeste mense nie besef nie is watter groot rol rente speel wanneer dit kom om skuld af te betaal.

    Kom ek maak ’n voorbeeld. Indien jy R10 000 geleen het teen 27% rente gaan jou rente oor ’n periode van 5 jaar ongeveer R13 500 wees. Onthou jy skuld steeds die oorspronklike R10 000 ook wat jy geleen het, wat beteken jy gaan ongeveer R23 500 terugbetaal vir daardie lening.

    Maar as jou rente net 8% was sou jy R4 000 betaal het vir dieselfde lening en slegs R14 000 vir daardie krediteur geskuld het. ’n Massiewe verskil.

    Die onderhandeling proses neem ’n paar weke. Sodra jou skuldberader terugvoering vanaf elke een van jou krediteure gekry het sal jou skuldberader vir jou ’n termyn kan gee.

    Ten afsluiting, indien jy ooit skuldberading oorweeg en ’n konsultant gee vir jou ’n termyn nog voordat jy behoorlik opgeteken het, is dit ’n goeie idee om ’n ander skuldberadingsmaatskappy te oorweeg.

    Hulp met Skuld offer ’n gratis assessering vir enige Suid-Afrikaner wat skuld probleme ervaar. Kontak ons gerus.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.