ONS SAL JOU KONTAK!

    Wat Is Skuld?

    Volgens die Afrikaanse HAT woordeboek is skuld:

     ‘n som geld wat jy nog moet betaal vir ‘n diens of goedere wat reeds aan jou gelewer is, of ‘n som geld wat jy geleen het en moet terugbetaal

    Voorbeelde van skuld:

    • Huislening
    • Motorfinansiering
    • Kredietkaarte
    • Persoonlike lenings
    • Klererekeninge
    • Meubelrekeninge

    Dalk moet ons hierdie deel afskop deur om te sê dat nie alle skuld is slegte skuld nie. Skuld soos byvoorbeeld ’n huislening, besigheidslening en studielenings word beskou as “goeie” skuld omdat dit jou finansiële situasie vorentoe kan verbeter.

    Maar ongelukkig is daar soveel meer “slegte” skuld. Skuld wat gemaak word om skuld mee te betaal. Verbruikersgoedere met ’n kort leeftyd wat op skuld aangekoop word. Dink byvoorbeeld aan ’n paar skoene wat jy koop op een van jou klererekeninge. Voordat jy twaalf maande later daardie skoene afbetaal het, is dit soms reeds stukkend. Jy betaal steeds maandeliks rente aan ’n item wat jy nie eers meer kan gebruik nie.

    Soms is skuld net onvermydelik. Veral in die tye waarin ons tans leef. Jy moet werk, jy kort vervoer. Motor op skuld. Jy kan nie in jou slenterdrag op kantoor verskyn nie. Jy kort klere. Klere skuld. Beurtkrag, jou yskas groet. Meubel skuld.

    Wat is nie skuld nie?

    Ek praat daagliks met mense wat skuld verwar met lewenskostes soos:

    • Huur;
    • Kruideniersware;
    • Skoolfondse;
    • Vervoerkoste;
    • Munisipale rekeninge;
    • Versekering

    Hierdietipe uitgawes is maand tot maand uitgawes wat jy moet betaal. Dit is nie uitgawes met ’n balans wat jy in ’n sekere tydperk kan afbetaal nie.

    Gevaartekens dat skuld besig is om jou onder te kry.

    Volgens die nuutste statistieke betaal mense tans tot en met 70% van hulle inkomste aan skuld. Meer as tien miljoen mense is agterstallig met hulle skuld betalings.

    Hier is 5 gevaartekens van skuld wat jy nie moet ignoreer nie:

    • Jy kan nie jou skuld betaal wanneer jy moet nie;
    • Jy kry oproepe, e-posse en briewe van skuldeisers;
    • Jy moet skuld soos jou kredietkaart en oortrokkefasiliteit gebruik om lewenskostes te betaal;
    • Jy het geen spaargeld nie. Jou inkomste dek skaars jou maandelikse uitgawes;
    • Skuld stres is besig om jou onder te kry. Jy slaap nie. Jou gesondheid begin daaronder lei.

    Jy is nie alleen nie. Dit is oukei om te vra vir hulp.

    Hulp met Skuld help ons kliënte om hulle maandelikse skuld paaiemente te konsolideer in ’n verminderde paaiement met verlaagde rentekoerse.

    Kontak Hulp met Skuld vandag en vind uit hoe ons vir jou kan help.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.