Hulp met Skuld is die Afrikaanse afdeling van Less Debt Manangement, ’n registreerde skuldberading maatskappy by die Nasionale Kredietreguleerder onder registrasie nommer NCRDC3041.
Met meer as twintig jaar se ondervinding in die finansiële industrie weet ons presies hoe om jou finansies onder beheer te kry.
Hulp met Skuld help en ondersteun ons kliënte vandat hulle navraag gedoen het totdat al hulle skuld afbetaal was en hulle hul klaringsertifikaat ontvang het.
Net soos wat alle skuldberaders gereguleer word deur die Nasionale Kredietreguleerder word die streng voorgeskrewe fooie wat skuldberaders mag vra ook deur die Nasionale Kredietreguleerder gereguleer.
Dit beteken dat ongeag watter skuldberader jy besluit om te gebruik. Almal se fooie is presies dieselfde.
Geen fooie is voorafbetaalbaar nie. Alle fooie vorm deel van jou maandelikse betaalplan.