ONS SAL JOU KONTAK!

    Kan ’N Skuldberader My Rentekoerse Verminder?

    Is dit regtig so eenvoudig? Waar is die vangplek?

    Daar is een …

    Wanneer jy aansoek doen vir skuldberading en die proses die punt bereik waar die skuldberader jou skuld moet herstruktureer (’n verslag wat sê watter krediteure gaan watter bedrag kry en teen watter rentekoers) dit is hier waar die onderhandeling eintlik begin. Vir die nuwe verlaagde paaiement, maar veral ook vir die verminderde rentekoerse.

    Wat baie mense nie besef nie is dat die rentekoerse bepaal of daardie rekening twee of dalk vyf jaar gaan neem om afbetaal te word.

    Nou waar is die vangplek?

    Onthou dat jou krediteure is onder geen verpligtinge om enigsins jou rentekoerse te verlaag nie.

    Kom ons veronderstel dat jy ’n bedrag van R5000 geleen het en jou paaiement per maand was R600 teen 27% rente. Nou offer die skuldberader R300 per maand teen 8% rente. Maar hierdie krediteur soek meer per maand. Hulle kom met ’n teenvoorstel van R350 per maand, maar dan is hulle bereid om die rente af te bring na 8%.

    Nou sit jy met ’n keuse. Of jy kan die R50 meer betaal en jou rente word verminder of jy kan sê bogher dit. Ek gaan dit nie betaal nie. In daardie geval sal jou krediteur die R300 per maand neem, maar hulle gaan jou rentekoers hou by 27%. 27% rente op ’n bedrag van R5 000 is ongeveer R1 350 per jaar, waar 8% rente op dieselfde bedrag R400 per jaar is. Dit beteken dat jy R950 minder per jaar op daardie lening gaan betaal indien jy bereid was om die R50 ekstra te betaal per maand.

    En dit is die vangplek.

    Indien jy jouself in ’n situasie bevind waar die rentekoerse op al jou skuld besig is om jou ’n bietjie onder te kry, kontak gerus vir Hulp met Skuld.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.