Soveel Suid-Afrikaners bevind hulleself in ’n finansiële verknorsing sonder enige hoop om binnekort uit hierdie skuldstrik uit te kom. Met die styggende rentekoerse, brandstof en voedsel pryse voel dit soms net onmoontlik om kop bo water te hou.
Skuldberading, ook bekend as skuldhersiening is ’n formele regsproses wat jou kan help om jou maandelikse skuld paaiemente te verminder en jou rentekoerse af te bring. Terselfde tyd beskerm skuldberading jou ook teen enige verder regsaksie vanaf jou krediteure en skuldeisers. Dus is jou bates soos jou huis, voertuig en meubels beskerm en mag skuldeisers nie daarop beslag lê nie.
Skuldberading gee vir jou die geleentheid om jou skuld af te betaal sonder dat jy nog skuld hoef te maak.
Hulp met Skuld is die middelman tussen jou en jou krediteure. Sodra jy aansoek doen vir skuldberading gaan die volgende gebeur: