ONS SAL JOU KONTAK!

    Is Skuldberading ’N Goeie Idee?

    Is skuldberading vir almal? Beslis nie. Skuldberading is nie ’n serp en een grote pas vir almal nie. Elke persoon se situasie verskil. Maar voordat jy sommer net besluit dat skuldberading is ’n goeie of ’n slegte idee, kom ek verduidelik eers vir jou presies wat skuldberadingis.

    Wat is Skuldbedrading?

    Skuldberading, skuldhersiening of soos wat dit in Engels bekend staan as debt counselling of debt review is ’n regsproses wat deur die Nasionale Kredietreguleerder ingebring is om Suid-Afrikaners wat sukkel met te veel skuld te help deur om ’n middelman (skuldberader of Engels debt counsellor) aan te stel tussen jou en jou krediteure. ’n Skuldberader herstruktureer jou skuld paaiemente, onderhandel met jou krediteure vir ’n verlaagde rentekoers en werk met ’n betalingsverspreidingsagent (paymentdistribution agent PDA) wat ook deur die Nasionale Kredietreguleerder gereguleer word om jou maandelikse paaiemente in te vorder en na jou krediteure toe te versprei. Deur die hele proses is Hulp met Skuld daar om jou finansiële situasie te evalueer, advies te bied en bystand te verleen.

    Wat is Skuldberading nie?

    Skuldberading is nie ’n verskoning om nie jou skuld te betaal nie. Dit is nie ’n skuld vakansie nie. Skuldberading kanselleer ook nie jou skuld nie. Dus loop maar lig vir advertensies wat beweer dat jou skuld sommer maar net afgeskryf gaan word.

    Wie kwalifiseer vir skuldberading?

    Suid-Afrikaners wat ’n vaste inkomste het en sukkel om hulle skuldpaaiement te kan betaal. Onthou jy gaan net gehelp kan word met skuldberading as jy die verminderde paaiement kan bekostig.

    Hulp met Skuld se beleid is dat ons nie iemand onder skuldberading sal plaas indien ons nie daardie persoon binne ’n redelike tydperk uit die skuld uit kan kry nie. Wat ek daarmee bedoel is, kom ons veronderstel jy moet R10 000 per maand betaal vir jou skuld. Hulp met Skuld se berekeninge wys dat jy R5 000 kan betaal per maand om steeds binne ’n redelike tydperk uit die skuld te kom, maar jy wil of kan net R1 000 per maand bekostig. In daardie geval gaan ons jou nie onder skuldberading plaas nie, want ’n R1 000 per maand is nie genoeg om jou rente van jou skuld te dek nie. In so ’n geval is dit beter om ’n ander tipe van skuld hulp te oorweeg. Miskien iets soos sekwestrasie.

    Ter afsluiting. Is skuldberading ’n goeie idee? Vir sommige mense, ja. Skuldberading kan jou help om jou skuldlas minder te maak sodat jy asem kan skep. Skuldberading beskerm jou bates.

    Kontak Hulp met Skuld indien jy sukkel met jou skuld. Kom ons kyk hoe ons vir jou sal kan help.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.