ONS SAL JOU KONTAK!

    Algemene Vrae

    Moet ek julle kantore besoek as ek wil aansluit?

    Glad nie. Ons kan Suid-Afrikaners reg oor die land help indien jy hulp benodig met jou skuld.

    Vir jou gerief kan jy die dokumentasie lees en teken vanaf jou slimfoon.

    Kan skuldberading ’n bestaande beslagleggings hofbevel stop?

    Nee. Dit is hoekom dit so belangrik is om aansoek vir skuldberading te doen voordat jou krediteure die hof nader. Die beskerming teen beslaglegging wat skuldberading jou bied begin eers op die datum wat jy vir skuldberading geregistreer word.

    Hoe lank gaan ek onder skuldberading wees?

    Onthou skuldberading is nie ’n lening met ’n vasgestelde termyn nie. Elke persoon se finansiële omstandighede verskil. Sodra jou skuld geherstruktureer is gaan ons vir jou, die termyn kan gee. Termyne is gewoonlik tussen 12 en 60 maande, afhangend van jou tipe skuld, die rentekoerse wat Hulp met Skuld vir jou gaan onderhandel en die bedrag wat jy maandeliks gaan terugbetaal.

    Jy het altyd die opsie om meer te betaal wanneer jy kan, om jou skuld vroeër te vereffen.

    Gaan ek geswartlys word wanneer ek aansoek doen vir skuldberading?

    Hulp met Skuld swartlys nie ons kliënte nie.

    Hoe betroubaar is Hulp met Skuld?

    Hulp met Skuld is die Afrikaanse afdeling van Less Debt Management geregistreerd met die Nasionale Kredietreguleerder met registrasie nommer NCRDC3041.

    Kan ek weer skuld maak nadat ek onder skuldberading was?

    Beslis. Onthou sodra jou klaringsertifikaat uitgereik word, word die kennisgewing dat jy onder skuldberading was verwyder en al die ou skuld wat jy gehad het sal dan opbetaal wees.

    Gaan ek my eiendom of my voertuig verloor indien ek aansoek doen vir skuldberading?

    Skuldberading is juis daar om jou bates te beskerm. Solank jy getrou jou maandelikse paaiemente betaal sal jou eiendomme en voertuie beveilig word teen beslaglegging.

    Wat is oorverskuldigdheid? En is ek oorverskuldig?

    Oorverskuldigdheid is wanneer jy nie jou volle maandelikse paaiement teenoor jou kredietverskaffers kan nakom nie.

    Jy is moontlik oorverskuldig indien:

    • Jy skuld maak om ander skuld mee te betaal;
    • Jy jou kredietkaarte gebruik om lewenskostes soos kos, brandstof, skoolfondse ens.te betaal.
    • Jy betalings aan krediteure oorslaan om sodoende krediteure wat jou knaend bel te kan betaal.
    • Jou maandelikse uitgawes meer is as jou maandelikse inkomste.

    Is hierdie proses vertroulik?

    Beslis. Hulp met Skuld sal nooit enige iemand, of vir jou werkgewer vertel dat jy aansoek gedoen het vir skuldberading nie.

    Kan ek aansoek doen vir skuldberading indien ek binne gemeenskap van goedere getroud is?

    Ja. Indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is, moet jou eggenoot saam met jou aansoek doen vir skuldberading.

    Sal ek steeds ’n eiendom kan huur as ek onder skuldberading is?

    Ja. Ons help bestaande kliënte van ons met ’n brief indien hulle ’n eiendom wil huur.

    Kan ek nog skuld maak terwyl ek onder skuldberading is?

    Nee. Die doel van skuldberading is juis om jou uit die skuld uit te kry dus verbied die Nasionale Kredietwet jou om verdere skuld te maak terwyl jy onder skuldberading is.