ONS SAL JOU KONTAK!

    Privaatheidsbeleid vir Hulp met Skuld

    Hulp met Skuld respekteer jou privaatheid en neem die beskerming van persoonlike informasie baie ernstig op.

    Ons privaatheidsbeleid hier onder verduidelik ons beleid rakende die versameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data wanneer jy ons blad besoek of besluit om van ons dienste gebruik te maak. Indien jy nie gemaklik voel met hierdie privaatheidsbeleid nie, staak asseblief alle verdere interaksie met ons besigheid.

    Besigheidsbesonderhede:

    Hulp met Skuld is die Afrikaanse afdeling van Less Debt Management, ’n registreerde maatskappy in die Republiek van Suid-Afrika.

    E-pos: info@lessdebt.co.za

    Kontak nommer: 021 007 3841

    Versameling en Doel van Persoonlike Inligting:

    Persoonlike inligting verwys na die tipes inligting wat jou as ’n individu kan identifiseer. Dit sluit informasie soos jou naam, van, adres, e-posadres, telefoonnommers, identiteitsnommer en enige ander informasie soos benodig in.

    Hierdie tipe informasie word slegs versamel om ’n skuldberadingsdiens aan jou te kan lewer.

    Less Debt Management sal nooit enige van jou inligting met ’n ongemagtigde party deel nie, behalwe om ’n diens aan jou te kan lewer soos genoem.

    Indien jy toestemming aan een van Less Debt Management se konsultante gegee het magtig dit Less Debt Management om jou kredietrekord by enige registreerde kredietburo te bekom.

    Verder magtig jy Less Debt Management om jou krediet en rekeninginligting so lank as wat nodig is te stoor om die funksies te kan uitvoer soos gestipuleer in artikel 86 van die Nasionale Kredietwet.

    Ons sal nooit jou persoonlike informasie deel tensy die wet ons verplig om dit te doen nie.

    Versameling van Ander Data:

    Hulp met Skuld maak gebruik van derde party verskaffers om data oor die gebruik van ons webwerf en sosiale media platforms te versamel.Hierdie gebruikersdata sluit in IP-adres, webblaaiertipe en weergawe, geografiese ligging, bladsybeskouings, lengte van besoek, ens.

    Ons webblad gebruik “koekies” (cookies). Hierdie koekies is klein kodes en lêers wat die werkverrigting van ons webwerf op jou rekenaar of selfoon verbeter.

    Ons maak van Google Analyticsen Facebook pixelgebruik om inligting oor webbladbesoekers se demografie en belangstellings te versamel deur gebruikerspatrone en terugvoervorms.

    Jou Regte:

    Hierdie deel is ’n opsomming van jou regte wat jy het onder die Wet van Databeskerming (POPIA).

    Jou regte onder die Wet op Databeskerming is:

    • Die reg om toegang te kry;
    • Die reg op regstelling;
    • Die reg om die verwerking van jou data te beperk;
    • Die reg om beswaar te maak teen enige verwerking;
    • Die reg op data-oordraagbaarheid;
    • Die reg om by toesighoudende owerhede te kla;
    • Die reg om toestemming te onttrek.

    Kontak ons dataverteenwoordiger as jy enige van die regte soos hierbo uiteengesit wil uitoefen.

    Wysigings aan die Privaatheidsbeleid:

    Hierdie privaatheidsbeleid kan van tyd tot tyd verander. Dit is jou verpligting om gereeld te kontroleer of die privaatheidsbeleid verander het.