ONS SAL JOU KONTAK!

    Skuld En Jou Verhouding

    Het jy al ooit die gesegde gehoor, as armoede by die voordeur inkom, vlug die liefde by die agterdeur uit?

    Om in ’n verhouding te wees, is nie altyd maklik nie, maar wanneer die stres van uitstaande skuld op jou toesak plaas dit nie net druk op jou nie, maar ook op jou ander helfte.

    Ongelukkig speel finansies ’n groot rol in enige verhouding.

    Hier is ’n paar wenke om jou verhouding te probeer beskerm teen skuld.

    Kommunikasie

    Praat met mekaar. Soveel mense sukkel tans met die styggende pryse van brandstof en kos om nie eers te praat van die rentekoerse nie. As jy of julle deur ’n moeilike finansiële tyd gaan, moet julle met mekaar kommunikeer. Dit gebeur soveel kere dat die een persoon in die verhouding hope skuld het en die ander een weet nie eers daarvan nie.

    Sit met jou ander helfte. Trek ’n begroting op en bespreek julle bestedingsgewoontes.

    Begroot

    Wat is ’n begroting? Dit is ’n lys van jou maandelikse inkomstes en uitgawes. ’n Tekort aan ’n begroting is baie keer die hoofsondebok omdat mense nie deurkom met hulle salaris in ’n maand nie.

    Deur om saam ’n begroting op te stel en daarby te hou, is die eerste stap om beheer oor jou finansies te kry.

    Wanneer julle hierdie begroting opstel lys alle uitgawes. Plaas dan al die uitgawes onder ’n vergrootglas en kyk watter uitgawes is noodsaaklik. Gaan kyk ook gerus na julle bankstate en maak seker dat daar nie aftrekorders afgaan wat onnodig is nie.

    Vind Oplossings

    Oukei, so julle kommunikeer. Julle het ’n begroting opgetrek, maar dit maak nie saak hoeveel jy van daardie begroting sny nie, julle kan net nie die paaiemente van al julle skuld bybring nie. Dalk is dit dan tyd om ’n skuldberader te nader.

    Hulp met Skuld offer ’n gratis assessering. Kontak ons gerus om uit te vind met hoeveel ons julle skuldpaaiement kan afbring.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.