ONS SAL JOU KONTAK!

    Hoekom Werk Skuldberading Nie Vir Almal Nie?

    Ek kan nie vir julle verduidelik hoeveel keer mense hulp vra met hulle skuld maar hulle soek nie skuldberading nie. Dit is iets waaroor ek al vir jare wonder, hoekom voel soveel mense negatief teenoor skuldberading?

    Ek verstaan dat soos met enige ander bedryf is daar baie sukses verhale, maar ongelukkig ook soveel gruwel verhale. Steeds verduidelik dit nie hoekom sommige mense so skrikkerig is vir skuldberading nie.

    Met ’n bietjie kopkrap het ek op die volgende redes afgekom:

    Mense weet nie waarvoor hulle opteken nie.

    Jy kry ’n oproep vanaf een of ander inbelsentrum. Die persoon aan die ander kant van die lyn belowe om jou skuld te verminder. Al wat jy moet doen is om ’n aansoek vorm te teken. Op daardie stadium klink dit na ’n goeie idee, nie dat jy regtig weet waarvoor jy opgeteken het nie. ’n Paar dae later bedink jy jouself, maar nou is dit te laat. Jy is reeds geregistreer dat jy aansoek gedoen het vir skuldberading en ’n notifikasie wys nou op jou kredietprofiel.

    Hier is twee goed wat jy van skuldberading moet weet.

    1. Jou skuldberader moet jou registreer by die Nasionale Kredietreguleerder sodra jy ’n vorm 16 (skuldberadings aansoekvorm) geteken het.
    2. Skuldberading het nie ’n afkoel periode soos met baie ander produkte nie. Dit is ’n formule regsproses en kan nie net gekanselleer word omdat jy van plan verander het nie.

    Hulle betaal te min om hulle skuld balanse te verminder.

    Terug na die oproep. Die persoon op die lyn sê vir jou dat jou skuld premie gaan nou verminder na byvoorbeeld R4000 per maand, maar as jy gaan sommetjies maak dink jy dat dit is beter om net R2000 per maand te betaal in plaas van R4000 of die R8000 wat jy eintlik vir jou skuldmoes betaal het. Die konsultant sê vir jou oukei, teken net die aansoek vorm. Wat jy nie op daardie stadium besef nie is dat daardie R2000 wat jy nou gaan betaal dek nie eers jou rente van jou skuld nie. ’n Jaar later gaan jou balanse steeds nie afgekom het nie. Inteendeel, dit is beslis nou meer.

    Hulle kan nie skuld maak nie.

    Jy het opgeteken vir skuldberading. ’n Paar dae later wil jy jou kredietkaart gebruik, maar die ding is dan nou geblok. Jou klererekeninge ook. Hoekom?

    Die Nasionale Kredietwet sê dat indien jy aansoek doen vir skuldberading, mag jy nie verdere skuld maak tot en met jou skuld afbetaal is nie. Onthou skuldberading is ’n vorm van rehabilitasie.

    Hulle skuld word verkoop.

    Ja, jou skuld mag verkoop word. Dit is wettig. Ongelukkig.

    Dit gebeur soveel keer in die skuldberading bedryf. Die kliënt het opgeteken. Die krediteur het die bedrag en die rentekoerse wat die skuldberader offer aanvaar. Soms is die kliënt se saak reeds ’n hofbevel en dan kry ons ’n paar maande later ’n ontstellende oproep vanaf die kliënt. Een of ander skuldinvorderingsbesigheid of ’n prokureur bel nou die kliënt vir daardie lening wat die kliënt reeds vir maande getrou betaal.

    Dit is verstaanbaar dat jy dan moed gaan verloor in jou skuldberader. Ongelukkig verkoop die krediteure die skuld sonder om die skuldberader of die kliënt in kennis te stel. Die enigste manier hoe ons daarvan te hore kom, is wanneer die kliënt ons kontak.

    In so ’n geval kontak Hulp met Skuld die skuldinvorderaar of die prokureur en stuur vir hulle al die regsdokumentasie aan sodat hulle nie die kliënt moet lastig val nie.

    Dit kan reggestel word, maar die vertroue wat die kliënt teenoor die skuldberader het, is reeds geskend.

    Geen kommunikasie.

    Net soos wat kommunikasie in ’n verhouding belangrik is, is kommunikasie met jou skuldberader net so belangrik. Jou skuldberader kan jou nie help indien jy ’n probleem ondervind en nie met hulle daaroor praat nie.Wees dus oop en reguit met jou skuldberader.

    Skuldhersiening het baie voordele. Om hande te vat met die regte skuldberader kan jou help om uit ’n finansiële verknorsing te kom sonder dat jy insolvent moet gaan of enige van jou bates soos jou huis of voertuig verloor.

    Kontak Hulp met Skuld indien jy enige probleme met jou skuld ondervind. Hulp met skuld offer ’n gratis assessering.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.