ONS SAL JOU KONTAK!

    Bly Skuldberading Vir Altyd Op Jou Naam?

    Hoe lank bly skuldberading op jou naam? Die kort antwoord op hierdie vraag is, totdat al jou skuld op betaal is en jy ’n klaringsertifikaat vanaf jou skuldberader gekry het.

    Voor 19 Februarie 2015 was daar ’n opsie gewees waar die kliënt skuldberading kon kanselleer voordat al hulle skuld opbetaal was.

    Dit het alles verander toe die Nasionale Kredietwet ’n paar wysigings gemaak het.

    Hoe kan jy dan die skuldberading notifikasie wat steeds op jou naam wys verwyder?

    Een van die volgende maniere:

    Voordat jy oorverskuldig verklaar word:

    Indien jy aansoek doen vir skuldberading en die skuldberader het jou nog nie oorverskuldig verklaar nie kan die skuldberader ’n Vorm 17.2(b) uitreik.

    Vereffen jou uitstaande skuld:

    Sodra al jou skuld vereffen is, kan jou skuldberader vir jou ’n klaringsertifikaat uitreik. Al jou skuld moet vereffen wees en indien jy ’n verband het moet jou verband op datum wees voordat die klaringsertifikaat uitgereik kan word.

    Indien jy nie seker is wie jou skuldberader is nie kan jy die Nasionale Kredietreguleerder kontak.

    https://ncr.org.za/

    Hofbevel:

    Indien jy aansoek gedoen het vir skuldberading en jou skuldberading is nog nie ’n hofbevel nie kan ’n prokureur jou help om ’n hofbevel te kry dat jy nie oorverskuldig is nie. Daardie hofbevel moet vir jou skuldberader gestuur word om jou status by die Nasionale Kredietreguleerder en Kredietburo’s te verander dat jy nie meer onder skuldberading is nie.

    Indien ’n hof reeds beslis het dat jy oorverskuldig is, is jou enigste opsie om jou skuld te vereffen.

    Wat jy moet weet is dat ’n skuldberader mag nie die skuldberadings vlaggie vanaf jou naam verwyder omdat jy dit versoek nie. Skuldberading is steeds ’n formele regsproses.

    Indien jy aansoek gedoen het vir skuldberading en vir een of ander rede besluit het om nie daarmee voort te gaan nie, gaan die skuldberadings vlaggie nie net na ’n paar jaar verdwyn nie. Dit gaan steeds verwyder moet word indien jy weer wil skuld maak.

    My advies is altyd om oop en reguit met jou skuldberader te wees. As jy deur ’n moeilike tydjie gaan, praat met jou skuldberader. Moenie net verdwyn en die skuld weg wens nie.Dit gaan ongelukkig nie gebeur nie. Wanneer jy nie jou skuld betaal nie, het dit ’n manier om te verdubbel.

    Indien jy hulp benodig met jou skuld, kontak gerus vir Hulp met Skuld.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.