ONS SAL JOU KONTAK!

    7 Wenke Om Jou Rand Te Strek

    Met die huidige finansiële klimaat in Suid-Afrika leef die meeste van ons van salaris tot salaris. Soms voel dit asof ons ses weke maande het, want jou rande wil net nie hou nie.

    Alles is op. Petrol. Kos. Krag.

    Beurtkrag maak ook nie ons finansiële situasie beter nie. Soveel mense is op kort tyd geplaas, want besighede kan nie hulle deure oophou en salarisse vir ag ure bekostig as daar net ’n paar ure in die dag is wat hulle krag het nie.

    Hier volg ’n paar wenke om jou rand ’n bietjie te strek.

    Begroot

    Stel ’n begroting op. Lys jou inkomstes en uitgawes.

    Met ’n begroting is dit makliker om te onthou wat jy moet betaal per maand.

    Daar is vandag soveel verskillende tipes gratis programme en apps beskikbaar wat dit maklik en gerieflik vir jou maak om ’n begroting op te trek. Anders gryp ’n pen en papier en skryf daardie syfers neer.

    Gaan soek jou geld

    Wanneer laas het jy na jou bankstaat gekyk? Is daar een of ander subskripsies wat jy lankal nie meer gebruik nie, maar steeds elke maand voor betaal?

    Trek jou nuutste bankstaat nader wanneer jy jou begroting opstel. Kyk waarop spandeer jy jou geld.

    Plaas jou spandeer gewoontes onder ’n vergrootglas

    Waarop spandeer jy jou geld en waar kan jy sny?

    Soms is dit die eenvoudige goedjies.

    Hoeveel kan jy spaar indien jy middagete vanaf die huis bring in plaas daarvan om iets by die werk te koop?

    Beplan jou etes

    Dit is iets wat ek al vir jare doen. En nee, dit werk nie altyd uit soos wat jy beplan nie, maar dit is ’n reuse help wanneer jy kruideniersware moet gaan koop. Stel ’n koop-net-dit-lysie op voordat jy die winkels invaar. Koop net items wat op daardie lysie is. Jy sal verbaas wees hoeveel jy per maand sal spaar. En hoeveel minder af groente en vrugte in ’n drom beland.

    Elektrisiteit

    Ek weet ons het deesdae min ure van elektrisiteit per dag, maar vir die ure wat ons wel het oorweeg om jou geiser af te skakel. Ontkoppel dalk van jou elektriesetoestelle. Wanneer jy jou gloeilampe vervang, vervang dit met energiebesparende gloeilampe.

    Spaar

    Ek bedoel nie honderde of duisende rande per maand nie. As jy dit kan bekostig. Wonderlik. Maar vir die wat nie kan nie begin met iets kleins. Daardie twee wegneem koffies wat jy nie hierdie maand gekoop het nie. Sit net daardie R50 weg. Elke maand. As jy dit vir ’n jaar kan doen het jy R600 gespaar.

    Raak ontslae van jou skuld

    Het jy al ooit van die sêding gehoor, hoe eet ’n mens ’n olifant – stukkie vir stukkie.

    Pas dieselfde stukkie vir stukkie toe op jou skuld. Begin met jou kleinste bedrae eerste. Sodra daardie klein jakkalsies afbetaal is, kan jy daardie bedrag gebruik om meer te betaal aan jou groter skuld bedrae.

    Indien jou skuld onbekostigbaar is en jy hulp met jou skuld benodig, Hulp met Skuld offer ’n gratis assessering. Kontak Hulp met Skuld vandag. Kom ons kyk hoe ons vir jou kan help.

    No Comments

    Sorry, the comment form is closed at this time.